1 00:00:14,917 --> 00:00:20,833 ONBEKEND 2 00:00:45,667 --> 00:00:47,208 Jy's te oud. 3 00:00:48,375 --> 00:00:50,000 Hierdie moet ophou. 4 00:00:58,708 --> 00:01:00,167 Ek kan dit nie meer doen nie. 5 00:01:04,375 --> 00:01:07,042 Hierdie een het 'n stukkie van jou been afgekraak. 6 00:01:08,750 --> 00:01:09,875 Wat is dit? 7 00:01:09,958 --> 00:01:10,958 'n Ligspoorkoeël. 8 00:01:11,667 --> 00:01:13,750 Nog nooit vantevore een gesien nie. Baie slim. 9 00:01:16,500 --> 00:01:18,958 So hy't my doelbewus misgeskiet. 10 00:01:20,708 --> 00:01:23,375 -So ons het Koleev reguit hierheen gelei? -Ja. 11 00:01:25,417 --> 00:01:26,417 Meret. 12 00:01:27,708 --> 00:01:29,583 Daar's niemand op die kamera nie. 13 00:01:30,083 --> 00:01:31,500 Nie binne of buite nie. 14 00:01:32,167 --> 00:01:34,125 Ons moet nou hier wegkom. Vir Nina. 15 00:01:34,958 --> 00:01:36,458 Ek gaan nie nou weghardloop nie. 16 00:01:41,042 --> 00:01:42,833 Ek wil hê dit moet tot 'n einde kom. 17 00:01:46,000 --> 00:01:47,417 As jy bly, bly ek ook. 18 00:01:53,708 --> 00:01:56,458 Pak julle goed. Ons moet gaan. Ons is gevind. 19 00:01:57,792 --> 00:01:59,458 Ek dog ons is veilig hier. 20 00:02:01,000 --> 00:02:03,125 Wie't jou geskiet? Hoekom is jy nie hospitaal-- 21 00:02:03,208 --> 00:02:05,375 Ons sal doen wat jou pa sê, Nina. 22 00:02:13,000 --> 00:02:15,583 Ek doen niks tensy julle my die waarheid vertel nie. 23 00:02:18,458 --> 00:02:19,583 Wie is jy? 24 00:02:20,083 --> 00:02:20,917 Nina, 25 00:02:21,833 --> 00:02:23,292 gaan kry asseblief jou goed. 26 00:02:23,375 --> 00:02:25,667 Ons sal môre praat, reg? Asseblief. 27 00:02:27,417 --> 00:02:28,875 Jy sê dit elke keer. 28 00:02:30,708 --> 00:02:33,292 Ons is in 'n skuilplek, Ma is geskiet, 29 00:02:33,375 --> 00:02:36,125 en hierdie vrou klou aan ons soos 'n bloedsuier vir dae lank. 30 00:02:38,125 --> 00:02:39,750 Dis nie normaal nie. 31 00:03:23,208 --> 00:03:26,458 Hierdie was vir jou bedoel ingeval iets met ons gebeur. 32 00:03:26,542 --> 00:03:28,250 Hier is 'n paar antwoorde. 33 00:03:29,167 --> 00:03:32,000 Daar's 'n skootrekenaar in die bussie. Maak net die lêer oop. 34 00:03:33,583 --> 00:03:34,917 Oukei, hulle's hier. 35 00:03:36,833 --> 00:03:37,708 Komaan. 36 00:03:37,792 --> 00:03:39,583 Asseblief, Yul. Komaan. 37 00:03:51,583 --> 00:03:55,375 Daar's 'n 16-jarige meisie daarbinne. Nie 'n enkele skrapie aan haar nie. 38 00:03:55,458 --> 00:03:56,333 Verstaan? 39 00:03:56,417 --> 00:03:57,750 En die res, 40 00:03:58,667 --> 00:04:01,333 geslote kiste. Jou gewese vrou ook. 41 00:04:02,042 --> 00:04:03,125 En joune. 42 00:04:04,125 --> 00:04:05,208 Touché. 43 00:04:16,667 --> 00:04:20,167 Hierdie deur gee toegang tot ongebruikte trappe. 44 00:04:20,250 --> 00:04:23,542 Hulle sal die ander trappe gebruik. Jy sal hulle nie raakloop nie. 45 00:04:24,042 --> 00:04:26,458 -Katya sal vir jou en Yul hier wegkry. -Wat? 46 00:04:26,542 --> 00:04:27,583 Katya? 47 00:04:28,417 --> 00:04:30,292 Verstaan jy wat ons vra? 48 00:04:31,458 --> 00:04:33,417 -Ja. -Oukei. 49 00:04:33,500 --> 00:04:36,042 Onthou jy die plek waar ons Gregor gekry het? 50 00:04:36,125 --> 00:04:37,208 Ons kry mekaar daar. 51 00:04:37,875 --> 00:04:38,958 Oukei. 52 00:04:39,042 --> 00:04:40,042 Komaan. 53 00:04:40,542 --> 00:04:42,417 -Ek wil nie. -Ninja. 54 00:04:43,875 --> 00:04:46,208 Ek kan nie hierdie doen as jy hier bly nie. 55 00:04:48,125 --> 00:04:49,500 Gaan jy hulle doodmaak? 56 00:04:53,667 --> 00:04:55,958 Sonder om self dood te gaan? 57 00:04:56,042 --> 00:04:57,250 Absoluut. 58 00:04:59,292 --> 00:05:00,500 Ons is lief vir jou. 59 00:05:03,833 --> 00:05:07,292 Haai, Nina, ek's jammer. Jy moet gaan. Jy moet gaan. 60 00:05:23,375 --> 00:05:25,333 'n Naald in die hooimied, nè? 61 00:05:27,750 --> 00:05:29,167 Daar's tien verdiepings. 62 00:05:29,708 --> 00:05:31,667 Daar is nege op die klokkie. 63 00:05:31,750 --> 00:05:33,333 Oukei. Ons sal van bo af begin. 64 00:05:33,417 --> 00:05:34,958 Ek en Metin gaan eerste in. 65 00:05:36,583 --> 00:05:38,542 Dalk kan ons dit stilweg doen. 66 00:06:09,625 --> 00:06:10,500 Klim in. 67 00:06:11,083 --> 00:06:13,000 Hoe sal hulle wegkom as ons die bussie het? 68 00:06:13,583 --> 00:06:16,083 Jy't gehoor wat hulle sê. Ek moet jou hier wegkry. 69 00:06:16,167 --> 00:06:17,500 Hulle gaan doodgaan daar bo! 70 00:06:17,583 --> 00:06:20,417 Ma is reeds geskiet, Pa het daardie ding in sy kop, 71 00:06:20,500 --> 00:06:22,500 en nou is daar mans met vuurwapens. 72 00:06:23,083 --> 00:06:24,083 Nina… 73 00:06:26,583 --> 00:06:28,833 Ons sal aan iets dink, oukei? Ons… 74 00:06:30,083 --> 00:06:31,458 Ons sal vir hulle wag. 75 00:06:32,250 --> 00:06:33,458 Ons sal vir hulle wag. 76 00:06:34,333 --> 00:06:36,125 Klim net eers in, asseblief. 77 00:06:38,167 --> 00:06:39,250 Klim in. 78 00:07:33,625 --> 00:07:35,833 …NIE JOU VYAND NIE H 79 00:07:46,292 --> 00:07:49,250 Jy't jou minnares vergiftig en jou eie kind doodgemaak. 80 00:07:51,458 --> 00:07:54,208 Nou verstaan ek hoekom jy my nie van Belarus wou vertel nie. 81 00:07:54,292 --> 00:07:55,625 Hoe't jy my opgespoor? 82 00:07:55,708 --> 00:07:56,708 Maak dit saak? 83 00:07:56,792 --> 00:08:00,250 Ja. Dit beteken dat iemand in my span nie hul mond kon hou nie. 84 00:08:02,125 --> 00:08:03,583 My pa is in Berlyn. 85 00:08:04,792 --> 00:08:06,042 Hy't vir Auken gebel. 86 00:08:11,375 --> 00:08:12,583 Het jy jou kind vermoor? 87 00:08:12,667 --> 00:08:16,375 Nee. Iemand het vir jou 'n klomp leuens vertel. 88 00:08:16,458 --> 00:08:18,458 Ek's hier om haar te red. 89 00:08:18,958 --> 00:08:22,208 Belarus was 'n gemors en iets waarop ek nie trots is nie. 90 00:08:22,292 --> 00:08:25,625 Uiteindelik is my dogter van my af weggeneem, en is nou daar bo. 91 00:08:25,708 --> 00:08:27,208 Ek gaan haar terugkry. 92 00:08:30,375 --> 00:08:32,417 Het jy jou verstand verloor? 93 00:08:35,167 --> 00:08:37,000 Jy kan dit nie so doen nie! 94 00:08:37,500 --> 00:08:40,750 Nie op Duitse grond nie, en nie as die ambassadeur se man nie. 95 00:08:42,750 --> 00:08:44,833 Alles is veilig. Jy kan maar kom. 96 00:08:45,958 --> 00:08:47,542 As jy uit hierdie kar klim… 97 00:08:51,292 --> 00:08:52,542 Ek kom. 98 00:08:53,833 --> 00:08:54,667 Josef! 99 00:08:56,583 --> 00:08:57,583 Fok. 100 00:09:00,458 --> 00:09:01,667 Kry my hier weg. 101 00:09:03,042 --> 00:09:04,042 Nou! 102 00:09:16,875 --> 00:09:17,917 Haai, julle twee. 103 00:09:20,667 --> 00:09:22,250 Ek't 'n aanbod vir julle. 104 00:09:45,667 --> 00:09:46,667 Ag nee. 105 00:09:47,583 --> 00:09:48,667 Dis nou 'n jammerte. 106 00:09:50,000 --> 00:09:52,250 Ek't al die pret gemis. 107 00:09:53,292 --> 00:09:56,333 Dis net hulle twee. Die meisie is nie hier nie. 108 00:09:57,292 --> 00:09:59,000 Ons sal haar later vind. 109 00:10:01,500 --> 00:10:02,792 Maar jy't dit gedoen. 110 00:10:03,917 --> 00:10:05,208 Wie sou nou dink. 111 00:10:09,417 --> 00:10:10,417 Mooi so. 112 00:10:14,875 --> 00:10:15,875 Kom hier. 113 00:10:35,750 --> 00:10:37,125 Maak haar dood. 114 00:11:11,625 --> 00:11:12,833 Fok! 115 00:11:19,833 --> 00:11:21,583 Jy dink seker ek's dom, nè? 116 00:11:23,875 --> 00:11:25,625 Hotelkamers het spieëls. 117 00:11:26,333 --> 00:11:28,167 En? Wat het jou gewese geskryf? 118 00:11:28,250 --> 00:11:29,167 Haai. 119 00:11:29,667 --> 00:11:32,417 "Ek't jou laat leef. Ek't nooit jou gesin gedreig nie." 120 00:11:32,500 --> 00:11:34,667 "Ek's nie jou vyand nie." Ek dink sy bedoel ek. 121 00:11:39,417 --> 00:11:40,417 Jou antwoord? 122 00:11:41,208 --> 00:11:44,250 "Ek sal jou help, maar jy moet vir Koleev doodmaak." 123 00:11:44,333 --> 00:11:47,292 "Ek kan nie. Sasha sal my vermoor." 124 00:11:47,792 --> 00:11:48,792 Ja. 125 00:11:49,875 --> 00:11:53,917 Sasha sê ook dis wat gebeur as jy sy kind bedreig. 126 00:13:17,958 --> 00:13:19,417 Fok! 127 00:13:34,000 --> 00:13:35,000 Gaan! 128 00:15:02,417 --> 00:15:03,417 Fok! 129 00:16:01,875 --> 00:16:02,958 Haai, Ninja. 130 00:16:04,083 --> 00:16:07,000 Jy haat dit seker as ek dit nou sê. 131 00:16:07,792 --> 00:16:09,917 Wanneer "nou" ookal is. 132 00:16:10,625 --> 00:16:12,750 Ons neem hierdie op op jou tiende verjaarsdag. 133 00:16:12,833 --> 00:16:17,000 En wel, ons hoop jy sal dit nooit hoef te kyk nie. 134 00:16:17,083 --> 00:16:19,333 Maar as jy dit nou kyk, 135 00:16:20,417 --> 00:16:22,583 dan het iets slegs gebeur. 136 00:16:30,750 --> 00:16:32,000 Voor jy gebore is, 137 00:16:32,083 --> 00:16:35,750 het ek en jou pa vir die BND gewerk. 138 00:16:35,833 --> 00:16:36,833 Ons was agente. 139 00:16:37,208 --> 00:16:39,000 Ons het vals name gehad, 140 00:16:39,083 --> 00:16:41,542 vals identiteite, en 'n vals verlede. 141 00:16:41,625 --> 00:16:44,750 Toe jy gebore is, het ons bedank, 142 00:16:44,833 --> 00:16:47,417 want ons wou hê jy moes 'n normale lewe hê. 143 00:16:47,500 --> 00:16:49,167 Met normale ouers. 144 00:16:49,250 --> 00:16:50,250 Jammer. 145 00:16:51,667 --> 00:16:55,792 Op 'n stadium het ons weer begin om ons vaardighede te gebruik. 146 00:16:58,167 --> 00:16:59,958 Ons het 'n heeltemal ander lewe gehad 147 00:17:00,833 --> 00:17:03,000 langs die een wat ons saam met jou gehad het. 148 00:17:05,500 --> 00:17:08,583 En as jy gedink het ons hou iets van jou af weg, 149 00:17:09,208 --> 00:17:11,292 dan was dit hierdie. 150 00:17:12,583 --> 00:17:15,667 Ons het belowe om jou altyd te beskerm. 151 00:17:16,708 --> 00:17:21,000 Niks het ooit meer saakgemaak as om daar te wees vir jou nie. 152 00:17:23,500 --> 00:17:25,333 Jy sal baie stories oor ons hoor. 153 00:17:26,042 --> 00:17:31,208 -Hulle gaan sê ons is die skurke. -In staat tot vreeslike dinge. 154 00:17:32,042 --> 00:17:34,542 Maar jy, jy ken ons. Jy… 155 00:17:35,667 --> 00:17:37,292 Jy weet wie ons regtig is. 156 00:17:43,833 --> 00:17:45,875 -Ons is lief vir jou. -Ons is lief vir jou. 157 00:18:34,292 --> 00:18:35,750 Ons moet gaan. 158 00:18:39,625 --> 00:18:40,750 My ouers. Fok. 159 00:18:40,833 --> 00:18:42,500 -Ek kan hulle nie net los nie. -Nina. 160 00:18:44,708 --> 00:18:47,333 As ons nou boontoe gaan, is ons albei dood. 161 00:18:47,958 --> 00:18:50,042 As hulle sterf, het ek niemand oor nie. 162 00:18:50,125 --> 00:18:51,000 Dis nie waar nie. 163 00:18:53,375 --> 00:18:54,375 Jy het vir my. 164 00:18:54,458 --> 00:18:56,375 Ek ken jou nie eers nie. 165 00:18:56,458 --> 00:18:58,167 Jy moet my vertrou. 166 00:18:58,875 --> 00:19:00,875 Wel, ek vertrou jou nie. Hoekom sou ek? 167 00:19:04,208 --> 00:19:05,375 Want ek… 168 00:19:12,750 --> 00:19:13,958 Die draagbaar! Yul! 169 00:19:14,042 --> 00:19:15,417 -Pa? -Verder terug. 170 00:19:15,500 --> 00:19:17,583 -Oukei. -Ma, wat's fout met hom? 171 00:19:17,667 --> 00:19:19,958 -Sy kop. Los hom. -Oukei. 172 00:19:21,792 --> 00:19:23,583 Oukei, die voete hier binne. 173 00:19:23,667 --> 00:19:25,375 Nina, die voete! 174 00:19:25,458 --> 00:19:27,875 Een, twee, drie! 175 00:19:29,042 --> 00:19:30,042 Oukei. 176 00:19:31,917 --> 00:19:33,042 Beweeg! 177 00:19:50,542 --> 00:19:52,333 Ons het nodig hulp hier, asseblief! 178 00:19:53,042 --> 00:19:55,042 Dis my man. Hy't 'n aneurisme. 179 00:19:55,125 --> 00:19:58,292 Hy's al 20 minute bewusteloos. Ons was in 'n ongeluk. 180 00:19:58,375 --> 00:20:00,542 Vermoedelike SAB. Watter resussitasie-kamer? 181 00:20:00,625 --> 00:20:01,583 Kamer drie is oop. 182 00:20:01,667 --> 00:20:04,208 Laat weet die OK. Ons doen dadelik 'n CT-skandering. 183 00:20:04,917 --> 00:20:07,583 Kom terug na my toe. Ek kan nie hierdie alleen doen nie. 184 00:20:08,542 --> 00:20:10,083 -Wat's die pasiënt se naam? -Simon. 185 00:20:10,167 --> 00:20:12,208 -Oukei. -Operasiekamer is ingelig. In 15. 186 00:20:12,292 --> 00:20:15,333 -Gaan asseblief die monitering na. -Monitor is aan. 187 00:20:15,417 --> 00:20:18,125 Reg so, ons moet deurkom. Staan asseblief opsy. 188 00:20:18,917 --> 00:20:22,083 OPERASIEKAMERS GEEN TOEGANG 189 00:20:24,292 --> 00:20:25,292 Haai. 190 00:21:02,583 --> 00:21:04,542 Ons moet praat oor Josef. 191 00:21:06,375 --> 00:21:07,583 Oukei. 192 00:21:08,083 --> 00:21:09,583 Wat het hy hierdie keer gedoen? 193 00:21:13,542 --> 00:21:14,833 Seester is dood. 194 00:21:16,667 --> 00:21:17,708 Wat? 195 00:21:18,583 --> 00:21:19,958 Selfmoord. 196 00:21:21,417 --> 00:21:22,833 Maar dis nie al nie. 197 00:21:24,292 --> 00:21:26,708 Ek weet nou wat in Belarus gebeur het. 198 00:22:18,042 --> 00:22:19,958 Met wie was ek al die jare getroud? 199 00:22:21,917 --> 00:22:24,000 Wat wil jy hê moet ek doen? 200 00:22:24,917 --> 00:22:26,875 Ek wil hier bly as die ambassadeur. 201 00:22:28,000 --> 00:22:29,500 My huwelik is verby. 202 00:22:30,625 --> 00:22:33,125 Ek gee nie om of ons skei nie. 203 00:22:33,958 --> 00:22:36,625 Maar Koleev kan nie meer hier saam met my wees nie. 204 00:22:39,958 --> 00:22:41,833 Dis ongelukkig nie moontlik nie. 205 00:22:45,667 --> 00:22:46,750 Hoekom nie? 206 00:22:47,708 --> 00:22:49,417 Seester is dood. 207 00:22:50,000 --> 00:22:53,917 Jy't nie meer 'n hanteerder nodig nie, maar jy't wel 'n ambassadeur nodig. 208 00:22:54,625 --> 00:22:57,208 Waarom moes hy selfmoord pleeg? 209 00:22:59,458 --> 00:23:02,500 -Wie? -Seester. Wie anders? 210 00:23:13,583 --> 00:23:18,167 As ek jou mol vir jou terug gee, 211 00:23:19,667 --> 00:23:21,500 kan ek dan ambassadeur wees… 212 00:23:23,458 --> 00:23:24,667 en hanteerder? 213 00:23:27,083 --> 00:23:28,750 Jy't pas “hy” gesê. 214 00:23:29,583 --> 00:23:33,750 Maar die vrou van die BND het gesê Seester 215 00:23:34,833 --> 00:23:35,958 was 'n vrou. 216 00:23:39,875 --> 00:23:44,250 So hy't sy spore doodgevee en die skuld op iemand anders gepak. 217 00:23:45,458 --> 00:23:47,625 Ek't darem maar 'n skerp dogter. 218 00:23:48,542 --> 00:23:50,292 So 'n slim meisiekind. 219 00:24:08,583 --> 00:24:11,958 POLISIE 220 00:24:57,250 --> 00:24:59,000 Kan ek my foon terugkry? 221 00:24:59,083 --> 00:25:00,583 Dis bewyse. 222 00:25:02,958 --> 00:25:04,042 Komaan. 223 00:25:15,500 --> 00:25:19,083 As die informant jou kontak, dan laat weet jy my onmiddellik. 224 00:25:19,167 --> 00:25:20,333 Ja, ek belowe. 225 00:25:26,458 --> 00:25:29,125 Dink net wat ons hiermee kan doen. 226 00:25:29,208 --> 00:25:31,625 Nie-amptelike spioene, maar hulle werk vir ons. 227 00:25:32,125 --> 00:25:34,625 Sê jy dit regtig voor Interne Ondersoeke? 228 00:25:37,250 --> 00:25:38,292 Slegs 'n gedagte. 229 00:26:06,625 --> 00:26:07,625 Gee my 'n oomblik. 230 00:26:07,708 --> 00:26:08,708 Natuurlik. 231 00:26:32,042 --> 00:26:33,917 Dis tyd om terug te gaan Moskou toe. 232 00:26:42,667 --> 00:26:45,500 Jy't gesê jy sal nooit teruggaan nie. 233 00:26:47,958 --> 00:26:49,458 Ek praat van jou. 234 00:26:57,958 --> 00:26:59,250 Is jy gereed 235 00:26:59,333 --> 00:27:01,000 om huis toe te gaan? 236 00:27:04,167 --> 00:27:06,292 En my hier te los as die ambassadeur? 237 00:27:34,333 --> 00:27:35,583 Het ons 'n ooreenkoms? 238 00:27:44,542 --> 00:27:45,542 Oukei. 239 00:27:50,250 --> 00:27:52,958 Toe nou, gaan maak jouself skoon. 240 00:27:53,792 --> 00:27:55,333 Ek sal vir jou skoon klere bring. 241 00:28:01,000 --> 00:28:04,083 Is dit hoe dit destyds gevoel het toe ek die operasie gehad het? 242 00:28:06,000 --> 00:28:07,417 Al hierdie gewag? 243 00:28:09,750 --> 00:28:11,292 Jy't dit gemaak. 244 00:28:12,292 --> 00:28:14,167 En jou pa sal dit ook maak. 245 00:28:17,083 --> 00:28:18,542 Ek gaan iets kry om te eet. 246 00:28:19,542 --> 00:28:20,917 Wil enige iemand saamkom? 247 00:28:49,583 --> 00:28:51,125 Ek gaan 'n bietjie vars lug kry. 248 00:28:51,875 --> 00:28:52,958 Oukei. 249 00:29:05,167 --> 00:29:07,458 Laat ek haar asseblief vertel. 250 00:29:08,125 --> 00:29:09,125 Oukei? 251 00:29:14,500 --> 00:29:15,500 Oukei. 252 00:29:18,833 --> 00:29:19,833 Dankie. 253 00:31:50,417 --> 00:31:54,000 Mnr. Koleev, die ambassadeur moes gaan. 254 00:31:54,083 --> 00:31:56,375 Sy't gevra of jy daar vir haar kan wag. 255 00:32:00,333 --> 00:32:02,375 Het sy gesê vir hoe lank? 256 00:32:02,458 --> 00:32:03,458 Nee. 257 00:32:04,375 --> 00:32:09,292 Maar sy't my gevra om te sê dat die oorplasing gereël is. 258 00:32:11,583 --> 00:32:12,833 Alles is gereed. 259 00:32:46,333 --> 00:32:48,583 Moenie so verbaas wees om my te sien nie, Josef. 260 00:32:49,500 --> 00:32:53,875 Een of ander tyd sou jy vir jou mislukkings moes betaal het. 261 00:32:58,583 --> 00:33:03,250 Een of ander tyd moet mens ontslae raak van 'n kakkerlak. 262 00:33:04,292 --> 00:33:07,958 Jy het immers 16 jaar langer geleef as wat jy moes. 263 00:33:45,333 --> 00:33:46,875 Hallo, Seester. 264 00:34:00,417 --> 00:34:01,625 Waar is Koleev? 265 00:34:05,208 --> 00:34:07,875 Ek moet sê, ek is beïndruk. 266 00:34:09,333 --> 00:34:13,167 Om iemand anders so as die mol te beskuldig… 267 00:34:19,042 --> 00:34:21,833 Weet jy wat dit my gekos het om haar te vermoor? 268 00:34:25,708 --> 00:34:27,542 En nou hierdie gemors in Schöneberg? 269 00:34:28,417 --> 00:34:30,083 Julle is almal stapelgek! 270 00:34:32,292 --> 00:34:34,000 Dit was alles my man se werk. 271 00:34:35,625 --> 00:34:36,958 Ek's nie soos hy nie. 272 00:34:39,583 --> 00:34:41,625 Jy sal vinnig genoeg agterkom. 273 00:34:44,792 --> 00:34:47,167 Ek is nou jou hanteerder. 274 00:34:47,250 --> 00:34:48,917 Ek't genoeg gehad. 275 00:34:50,000 --> 00:34:52,208 Ek moes my baas dadelik vertel 276 00:34:52,292 --> 00:34:53,875 toe julle my genader het. 277 00:34:55,125 --> 00:34:56,208 Dis verby. 278 00:34:57,208 --> 00:34:58,583 Moenie belaglik wees nie. 279 00:34:59,333 --> 00:35:00,333 Asseblief. 280 00:35:02,542 --> 00:35:03,833 Ons begin 281 00:35:05,042 --> 00:35:06,750 maar nou eers. 282 00:35:08,833 --> 00:35:11,333 Weet jy wat dit my gekos het om haar te vermoor? 283 00:35:13,333 --> 00:35:15,042 En nou hierdie gemors in Schöneberg? 284 00:35:15,833 --> 00:35:17,292 Julle is almal-- 285 00:35:22,583 --> 00:35:25,208 Ons gaan soveel pret hê. 286 00:35:31,083 --> 00:35:32,417 Ons praat weer! 287 00:35:56,708 --> 00:35:57,792 Mev. Schäfer? 288 00:36:00,500 --> 00:36:02,292 Jou man is ontsettend gelukkig. 289 00:36:03,333 --> 00:36:05,125 Ons kon die aneurisme verwyder. 290 00:36:05,208 --> 00:36:06,917 Dit gaan goed met hom. 291 00:36:07,000 --> 00:36:10,000 Kom asseblief saam met my. Ek neem jou na hom toe, oukei? 292 00:36:11,000 --> 00:36:13,542 Hy is reeds wakker en hy vra al vir jou. 293 00:36:59,583 --> 00:37:00,583 Julika? 294 00:37:03,000 --> 00:37:03,958 Ja? 295 00:37:04,750 --> 00:37:05,917 Weet jy met wie jy praat? 296 00:37:10,333 --> 00:37:12,000 Ek neem aan met Katya. 297 00:37:14,292 --> 00:37:15,458 Het julle vir Koleev? 298 00:37:16,500 --> 00:37:18,708 Nog nie, maar… 299 00:37:20,042 --> 00:37:22,917 Ek't alles vir Vera Koleeva vertel, so, 300 00:37:23,000 --> 00:37:25,417 as ons hom nie kry nie, dan sal Sasha. 301 00:37:26,292 --> 00:37:27,458 Ek soek 'n ooreenkoms. 302 00:37:29,000 --> 00:37:30,417 Wat is jou aanbod? 303 00:37:49,333 --> 00:37:50,417 Jy sit al regop! 304 00:38:00,083 --> 00:38:01,958 Twintig minute later 305 00:38:02,792 --> 00:38:05,833 dan sou ek breinskade gehad het, sê die gawe dokter. 306 00:38:05,917 --> 00:38:07,500 Niemand sou agtergekom het nie. 307 00:38:10,708 --> 00:38:11,875 Stop. 308 00:38:13,417 --> 00:38:15,375 -Waar kan ek aan jou raak? -Wees versigtig. 309 00:38:15,458 --> 00:38:16,958 -Ek moet… -Hier's 'n plekkie. 310 00:38:20,833 --> 00:38:21,833 Waar's Nina? 311 00:38:21,917 --> 00:38:23,333 In die wagkamer. 312 00:38:26,458 --> 00:38:30,667 Sodra jy gereed is, verlaat ons Berlyn. Oukei? 313 00:38:39,708 --> 00:38:40,792 Ek's oukei. 314 00:38:44,792 --> 00:38:45,792 Oukei. 315 00:38:58,375 --> 00:38:59,583 Wil jy water hê? 316 00:39:09,792 --> 00:39:10,792 Stop dit. 317 00:39:17,583 --> 00:39:20,958 Ek't 'n kind gesteel om ons huwelik te red. 318 00:39:27,917 --> 00:39:29,792 Ons het altwee 'n kind gesteel. 319 00:39:37,125 --> 00:39:39,958 En… ek't vir jou gelieg. 320 00:39:42,083 --> 00:39:44,333 Want ek't geweet jy sou haar teruggee. 321 00:39:48,000 --> 00:39:50,667 Miskien. Waarskynlik, ja. 322 00:39:53,292 --> 00:39:55,750 Maar ek't nie besef hoe graag ek 'n kind wou hê nie. 323 00:39:56,833 --> 00:39:58,125 Totdat ek een gehad het. 324 00:40:09,417 --> 00:40:12,250 Vir jare lank het ek probeer om 'n goeie mens te wees. 325 00:40:15,917 --> 00:40:17,042 Ek't probeer… 326 00:40:17,958 --> 00:40:20,500 Alles wat ek gedoen het, 327 00:40:21,083 --> 00:40:22,750 het ek probeer regstel. 328 00:40:25,667 --> 00:40:28,042 Meret, ek weet nie wie ek die laaste paar dae 329 00:40:28,125 --> 00:40:30,667 in die hotel was met 'n vuurwapen in my hand nie. 330 00:40:30,750 --> 00:40:32,458 Maar ek wil nie so wees nie. 331 00:40:33,625 --> 00:40:35,292 Meret, ek wil nie so wees nie. 332 00:40:39,583 --> 00:40:41,958 Om saam met jou te wees, dit… 333 00:40:48,417 --> 00:40:49,750 Soms… 334 00:40:54,792 --> 00:40:57,375 bring dit die ergste in my uit. 335 00:41:13,875 --> 00:41:16,208 Ek weet nie wat om daarmee te doen nie. 336 00:41:34,125 --> 00:41:35,917 Ons moes mekaar toe al gelos het. 337 00:41:39,958 --> 00:41:41,208 Dit was verby gewees. 338 00:41:44,708 --> 00:41:46,917 En ons is nou ook verby, is ons nie? 339 00:41:52,708 --> 00:41:53,958 Ek dink so, ja. 340 00:42:06,208 --> 00:42:07,208 Waar's Ma? 341 00:42:07,875 --> 00:42:09,417 Koleev weet ons is hier. 342 00:42:09,917 --> 00:42:13,208 Jou ma praat met die BND sodat jou pa beskerming kan kry. 343 00:42:13,292 --> 00:42:15,458 Ek's veronderstel om jou hier weg te kry. 344 00:42:22,375 --> 00:42:24,375 -Waar's Nina? -By Katya. 345 00:42:48,250 --> 00:42:51,208 -Ek was nie seker of jy sou kom nie. -Ek ook nie. 346 00:42:53,667 --> 00:42:54,667 Klim in. 347 00:43:14,292 --> 00:43:15,292 Beweeg in. 348 00:43:19,167 --> 00:43:20,375 Stop! Polisie! 349 00:43:21,125 --> 00:43:22,333 -Stop! -Polisie! 350 00:43:25,500 --> 00:43:27,083 -Stop! -Lê! 351 00:43:36,750 --> 00:43:40,792 Meret Schäfer, jy's onder arres op grond van verdenking van moord. 352 00:43:42,417 --> 00:43:44,292 Jy het die reg om stil te bly. 353 00:43:44,375 --> 00:43:47,125 Enigiets wat jy sê, kan teen jou gebruik word. 354 00:43:47,750 --> 00:43:51,500 Die polisie is hier om jou te arresteer vir die moord op Jonas Auken. 355 00:43:51,583 --> 00:43:55,875 Jy het die reg op 'n prokureur wat deur die hof aangestel word. Jy't ook… 356 00:43:56,708 --> 00:43:57,708 Nina. 357 00:44:01,625 --> 00:44:02,625 Katya. 358 00:47:46,083 --> 00:47:50,542 Subtitelvertaling deur: Vincent Ernest